Beeldhouwerk by Tukkies:
Op 14 Maart het ons Tukkies besoek en die beelde op die gronde waargeneem. Meer van die geskiedenis daar geleer en gou besef beeldhouwerk is geen speletjies nie.
Almal se opinies oor beelde en beeldhouers verskil, my opinie mag dalk heeltemal verskil van iemand anders s’n oor ‘n seker beeld , maar dis sommige kunstenaars en beeldhouers se doel om seker te maak elke person sien iets anders in hulle kuns werke. Hier deel ek my opinie en ‘n paar feite oor die beelde wat ons ondersoek het op die kampus.
Die eerste beeld wat ek sal bespreek is die man met sy vuis in die lug. Kom ons gee hom ‘n naam ; Fris Chris. ‘n Voorbeeld van klassieke kuns. Die man in die beeld staan in ‘n treffende posisie wat kragtige emosie kan wys vir mense wat die beeld sal bekyk. Dit word baie realisties uitgebeeld, met behulp van ‘n vernis maak die beeld blink. Die tegniek is uitstekend.
Die tweede beeld is die swart figure wat verskillende grotes geometriese vorms bevat. Die vorms word 2D en 3D voorgestel. ‘n Goeie voorbeeld van ‘n abstrakte beeld. Die beeld is nie afgerond soos die realistiese beelde nie maar bly nogsteeds ‘n gebalanseerde kunswerk omdat die beeld hoog en vertikaal is beklemtoon dit hoogte. Die skerp hoeke en donker van die swart verf laat my dink dat die beeldhouer die mens wil “afskrik”. Alhoewel die geometriese vorms mens se oog vang en betrek na die beeld. Die tekstuur van die staal wat gebruik word is glad, dit gee dus ‘n elegante effek aan die kunswerk.
My derde beeld wat ek bespreek , nog ‘n abstrakte beeld wat goed gebalanseerd is. Die ronde silinders wat oor mekaar en onder deur mekaar gebuig is maak dat daar balans aan links en regs is, dit maak dat mens die figuur ook korter waarneem as wat hy werklik is, as die silinders vertikaal was sou die beeld hoogte beklemtoon. Die silinders se tekstuur is glans terwyl die reghoekige en vierkantige plate bo minder glans het. Die beeld is nie baie realisties nie, dus omdat dit abstrak is. Die tegniek van die beeld is baie goed.
Nou kom ons by die vierde beeld ; ‘n konteporere kunswerk uit staal gemaak. Die kunswerk is gelos om bloot gestel te word aan die elemente van natuur, dus verander die kunswerk met tyd se vordering deur die verskillende fases waardeur natuur gaan ; reen, sonskyn ens. Daar is balans in die gebruik van vorm en so betrek dit die mens se oog. Die verskillende vorms en voorwerpe word goed gekomplimenteer met die kleure gebruik in die beeld , die oranje word treffend gebruik!
Die man van klip, letterlik. Die beeldhouer wil hier ‘n vorm van sirrealisme voorstel, met ander woorde ; half abstrak maar daar is genoeg vorm en afronding om te kan aflei dat dit in die vorm van ‘n liggaamkan oordra. Die klip is nie sag gemaak of enigsins rond geskuur nie, maar net so uit die natuur is dit gebruik om ‘n liggamlike vorm uit te beeld. Die gebruik van klip in verskillende maniere word uitstekend gebruik.
Die sesde beeld is die harp, nog ‘n goeie voorbeeld van klassieke kuns. Die verskillende materiale wat gebruik is om die beeld te maak word goed gebalanseer , waar die meeste van steen gemaak is en die snare van draad. Die gebruik van die materiale is effektief gebruik en sal goed teenoor elemente kan weerstaan. Die detail heel bo op die harp word baie goed gekomplimenteer met die snare van die harp.
Die enorme swart beeld is ook ‘n vorm van abstrakte kuns. Geometriese vorms word op verskillende maniere en posisies gebruik om een groot beeld te vorm. Van die beeld kry mens ‘n elegante en moderne effek. Omdat die vorms op so manier gebruik word, maak dit dat die beeld baie groter lyk as wat dit werklik is. Die vorms en kleur word baie treffend gebruik.
Die wit beeld met die drie mans is ook ‘n klassieke kuns vorm. Die mans is baie realisties voorgestel en baie goed afgerond. Vir die steen is daar nie vernis gebruik nie, alhoewel die steen klaar weerstand bied teen meeste van die elemente.
No comments:
Post a Comment